Versendings

Monsters kan via Postnet of koerier gestuur word. U is natuurlik welkom om self die monsters af te lewer en ‘n koppie koffie te geniet saam met ons.

Moet asseblief nie gebruik maak van die Poskantoor nie.

NviroTek Labs het rekeninge by Uti en Aramex koeriers. U kan die rekeninge gebruik om monsters vir ons te stuur onder die volgende omstandighede:

  • Slegs vir besendings binne die grense van Suid-Afrika
  • Indien meer as 10 monsters per pakkie ingestuur word, sal NviroTek die kostes dra.
  • Pakkies met 5 tot 9 monsters in: NviroTek sal u rekening met R130.00 (BTW uitgesluit) debiteer per besending en ons dra die res van die koste.
  • Minder as 5 monsters per pakkie: NviroTek sal u rekening met R190.00 (BTW uitgesluit) per besending debiteer.
  • Beperk die monster massa (ongeveer 300g word benodig per standaard grondmonster). Hou asb die pakkie grootte so na as moontlik aan die monstergrootte.
  • Koerier spesifiek instruksies:

 

Uti

Rekeningnommer: 007 515

Monsters onder 2kg in ‘n Uti plastiese sak gebruik Express diens.

Meer as 2kg – gebruik asseblief die Economy diens.

 

U kan die monsters by u naaste UTI-depot inhandig. Besoek www.go2uti.co.za  of skakel 0861 80 30 80 vir die depotkontakbesonderhede.

 

Moet asseblief nie reël dat Uti die pakkie op u plaas/buite die dorp oplaai nie, aangesien daar dan addisionele kostes daaraan verbonde is – vir u rekening.

 

 

SEE POSTNET EXAMPLE

Koerier / Fisiese adres

NviroTek Labs

Nviro Business Hub Eenheid 6

Die Ou Wapad straat

Ifafi

0260

PostNet
Postnet Hartbeespoort

Shop 2 Sediba Plaza

Cnr Pta Main & Ou Wapad

Hartbeespoort

0260

Kontakpersone
Leoni: 082 889 0139

lerasmus@nviroteklabs.co.za

Chantelle: 012 252 7588

intake@nviroteklabs.co.za

Stuur asseblief die opspoor nommer aan ons via SMS of epos tydens die versending van monsters.

Voorafgedrukte vragbriewe is vir ons gereelde kliënte beskikbaar; kontak ons vir meer inligting.


Monsterverpakkingsnota
s:

  • Water vir bakteriële ontledings moet koel (nie vries nie) gehou word en die laboratorium binne 24uur na monsterneming bereik.
  • Stuur blaarmonsters so gou as moontlik om te voorkom dat dit verlep (tamatie- & aartappelblare gaan af binne 3 dae).
  • Probeer asseblief om gebruik te maak van streepsakke wanneer u presisie/baie grondmonsters stuur; bokse hanteer moeilik en is geneig om te skeur.
  • Alle monsters moet duidelik gemerk wees (moenie papierverwysings binne-in die monstersakkies plaas nie) & deur papierwerk, met u kontakbesonderhede en ontledings verlang, begelei word.
  • Stuur asseblief ‘n SMS na 082 889 0139 of epos intake@nviroteklabs.co.za indien u ‘n pakkie afgestuur het en merk dit duidelik vir NviroTek Labs.