Maatskappy Profiel

NviroTek Laboratoriums, maatskappy nommer; M2007029712, het CIPC– toestemming ontvang vanaf die regering om tydens die inperkingstydperk met operasionele bedrywighede voort te gaan. Aangeheg is die sertifikaat wat ons wettige adres in Leeudoringstad bevestig, maar ook ‘n munisipale rekening wat ons fisiese adres by Ou Wapadstraat, Ifafi, Hartbeespoort bevestig. 

 

‘n Brief aan verskaffers en koeriers is ook beskikbaar. 

 

Baie dankie vir u ondersteuning en wees veilig.

!! Letter For Courier Collections During Lockdown !!

!! CIPC Permission To Operate During Lockdown !!

NviroTek beskik oor ‘n uiters ervare span personeellede, waarvan die tegnici gesamentlik meer as 70 jaar se ondervinding in landboulaboratoriumtegnieke het.

Die beste beskikbare toerusting en tegnieke is geïmplementeer om aan internasionale standaarde vir kwaliteit en omdraaityd te voldoen. Die gebou is van die grond af beplan om te verseker dat die uitleg hom binne omgewings- en veiligheidsvereistes leen tot optimale vloei en prosessering van groot volumes monsters.

Hierdie onafhanklike maatskappy bied alle analitiese dienste aan die breër landbousektor reg oor Suider-Afrika aan.

Waar om ons te vind

Die laboratorium het verskuif na ons eie perseel in Ifafi, Hartbeespoortdam. Die gebou is op die hoek van die sirkel in Ou Wapad straat uit Beethoven Straat(R511)

Die fisiese adres is:

Nviro Business Hub
Eenheid 6
Ou Wapad Straat
Ifafi, Hartbeespoortdam

GPS Koördinate:

Grade, Minute, Sekondes(DMS): 25°44’20.10″S 27°54’4.03″E
Desimale, Grade: -25.738917° 27.901119°
Grade, Desimale Minute: 25°44.335’S 27°54.067’E

Artikels

Grond Bekalking

Gewasproduksie en die Wette van Minimums

NviroTek Maatskappy Profiel