Maatskappy Besonderhede

Laai ons video af (62mb)

NviroTek Laboratoriums is ‘n nuwe, wêreldklas laboratorium wat net buite Brits in die Noordwes provinsie, geleë is. Ontledings van gronde, water, veevoer, kunsmis, kalk, groeimediums en plante word aangebied.

NviroTek beskik oor ‘n uiters ervare span personeellede, waarvan die tegnici gesamentlik meer as 70 jaar se ondervinding in landboulaboratoriumtegnieke het.

Die beste beskikbare toerusting en tegnieke is geïmplementeer om aan internasionale standaarde vir kwaliteit en omdraaityd te voldoen. Die gebou is van die grond af beplan om te verseker dat die uitleg hom binne omgewings- en veiligheidsvereistes leen tot optimale vloei en prosessering van groot volumes monsters.

Hierdie onafhanklike maatskappy bied alle analitiese dienste aan die breër landbousektor reg oor Suider-Afrika aan.